Moederkerk-orrelweek: Hoe speel die orrel sit-sit so?

Klassieke musiek
Afrikaans
Gesin
45 Minute
5 Oktober
12:15
6 Oktober
12:15
7 Oktober
12:15
8 Oktober
12:15
R80 | R110 by die deur

Met Zorada Temmingh

“Die koning van instrumente” of “die magtige dreuning”. Óf, soos Temmingh se klavierdosent fronsend daarna verwys het, “box of whistles”. Die orrel is die onderwerp van amper net soveel grappe as die altviool. Klawerbord- of blaasinstrument? Meganiese, lug-, elektriese of digitale instrument? Praat, sing of skree ‘n orrelpyp? Watter pyp maak watter klank? En hoe speel die ding nou eintlik? Temmingh gesels en wys hoe.

Ondersteun deur Stellenbosch Moederkerk