Rooi4: Isabelle van RensburgenAndrea Kaiser-Mitas
Albei lede van Rooi4 is konsert-orreliste wat reeds as individue opgetree het by die Orrelweek. Hulle bied marsduette van drie Amerikaanse komponiste – Charles Callahan, Phil B. Perry en Martin Ellis – aan, asook ‘n danssuite van die Suid-Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers. Verder debuteer hulle ‘n werk vir vier voete wat spesiaal vir hulle geskryf is deur Edwin Mitas. Kaiser-Mitas is verbonde aan die Universiteit van Pretoria en Van Rensburg is die orrelis van Universiteitsoord, Pretoria.