Offertoriums geskoei op Franse Kersliedere van die Romantiese komponiste Alexandre Guilmant, César Franck, Louis-James- Alfred Lefébure-Wély en Jacques-Nicolas Lemmens is aan die beurt. Grundling is orrelis van die NG kerk Stellenbosch-Welgelegen.
Die tyd vir offergawe gedurende die erediens is die tyd vir gee, sodat gedeel kan word. Die Offertorium as musiekgenre het ontstaan uit die Offertorium-moment in die Katolieke liturgie. Offergawe-musiek in klassieke eredienste hoef nie ’n vervelige gestamel te wees nie. Veral Franse komponiste het die Offertorium-genre (in Frans Offertoire) aangegryp en opwindende werke geskep vol kontras in atmosfeer, tempo en virtuositeit. Elke orrelis se program bevat hoofsaaklik Offertoriums of Offertoires. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon.