Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh

Klassieke musiek
30 Minute
17 Oktober
13:15
R110 | R140 by die deur

Offertoriums uit die Halleluja-boek! Zorada improviseer op geliefde Halleluja-melodieë: drie van haar eie keuse, en een op ’n versoek uit die gehoor. Sy is orrelis van die Stellenbosch Moederkerk en sedert 2015 koördineerder van die Orrelweek.

Die tyd vir offergawe gedurende die erediens is die tyd vir gee, sodat gedeel kan word. Die Offertorium as musiekgenre het ontstaan uit die Offertorium-moment in die Katolieke liturgie. Offergawe-musiek in klassieke eredienste hoef nie ’n vervelige gestamel te wees nie. Veral Franse komponiste het die Offertorium-genre (in Frans Offertoire) aangegryp en opwindende werke geskep vol kontras in atmosfeer, tempo en virtuositeit. Elke orrelis se program bevat hoofsaaklik Offertoriums of Offertoires. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon.

Koördineerder Zorada Temmingh
Ondersteun deur die Stellenbosch
Moederkerk