Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh

Klassieke Musiek
Meertalig
30 Minute

4 Oktober

13:15
R110 | R140 by die deur

Zorada is orrelis by die NG Moederkerk op Stellenbosch. Buiten die bekende Pastorale van César Franck speel sy ook twee pastorales wat sy self geskryf het – een waarin temas uit haar klankbaan vir The Four Horsemen of the Apocalypse gehoor kan word. Verder sal sy ook ’n improvisasie doen op ’n versoek uit die gehoor.

Vanjaar se orreltema is Pastorale, ’n werk waarin ’n landelike toneel deur klankskildering uitgebeeld word, dikwels met ’n fluitagtige melodie en ondersteun deur ’n dreunbas. Die meeste pastorales is rustig wiegend van aard, hoewel drama­tiese natuurverskynsels verrassende uitbars­tings tot gevolg kan hê. Elke orrelis se program sluit minstens twee pastorales in. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar is daar drie nuwe orreliste op die program.

Samesteller Zorada Temmingh