Moedswil en muitery

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.16 (G, S)
60 Minute
14 Oktober
20:00
16 Oktober
14:00
17 Oktober
10:00
17 Oktober
13:00
18 Oktober
09:30
19 Oktober
19:00

Open Window Filmstudio

R220-R300 | R250-R330 by die deur

Die Hertzogpryswenner Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en private plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversingstasie te vestig. Blussing- Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open. Teatergangers kan hulle gereed maak vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Met Winterbach se eiesoortige humor en ’n rolverdeling met topakteurs onder spelleiding van Tinarie van Wyk Loots, is hierdie ’n hoogs vermaaklike teaterervaring. Nie vir die fynbesnaardes nie.

Met Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm, Dean John Smith

Vervaardiger KKNK

Regisseur en ontwerper Tinarie van Wyk Loots

Skrywer Ingrid Winterbach

Verhoog- en produksiebestuur Cole Wessels

’n Ko-produksie van die KKNK en die Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi