Die joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis is terug agter die kitaar en mondfluitjie met ’n ou Tupperware-bak vol melodieuse toonsettings van verse uit die eerste helfte van die vorige eeu en vroeër. Almal doen altyd toonsettings van die sexy Sestigers, en volgens Chris wou hy eerder die ouer digters se unieke uitdrukkingvermoëns laat herleef. Die deuntjies is ’n mengelmoes wat wissel van tradisionele Keltiese folkballades en Zoeloe-straatkitaarmusiek tot bluegrass en rock ’n roll. Die show is snaakser as wat die titel suggereer, beloof hy.