Met Conroy Cupido(bariton), Thembinkosi Magagula(sopraan), Musik Hochschule Nürnberg(kamerorkes), NWU Opera-ensemble (koor)
Die NWU Opera-ensemble tree saam met die kamerorkes van die Neurenbergse musiekskool op in ’n konsertweergawe van opera se mees dinamiese oomblikke. Mozart se Die huwelik van Figaro (bedryf II, finaal) bruis van humor en chaos, terwyl Verdi se La Traviata (bedryf I) skitter met verleiding en ’n onderliggende broosheid. Bekroonde jong kunstenaars onder leiding van Guido Rumstadt bring skoonheid en teaterintensiteit na teatergangers, ’n uitvoering waarin elke noot saakmaak.
Vervaardiger en musiekregisseur Conroy Cupido
Dirigent Guido Rumstadt
Verhoogbestuur en regie Chris Steyn
Ondersteun deur die Universiteit van Noordwes