Die Woordfees het in 2000 afgeskop met ’n nag van passie – ’n viering van die Afrikaanse letterkunde. Deur die jare was die skrywersprogram die hoeksteen, fondament en kroonjuweel van die Woordfees. Met hierdie geleentheid wil die Woordfees graag die groot bydrae van ons skrywersgemeenskap oor soveel jaar erken en die fokus plaas op die supersterre van ons fees: meestal sku vir die voorgrond of ’n kamera, dikwels ingetoë en effens skaam, maar as hulle eers vlam vat… Geniet ’n ontspanne kuier saam met skrywers in die pragtige Die Boekklub in Johannesdal net buite Stellenbosch. Beperkte sitplek. Kaartjies sluit ’n heerlike ete en wyn in.