Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die plek is ’n gemors en hulle ook… David Eldridge se skerpsinnige toneelstuk is ’n teer ondersoek van moderne verhoudings met twee effens verloopte mense wat aan die einde van ’n partytjie uitreik na mekaar. Dié stuk – sowel komies as aangrypend – vra vrae oor wedersydse eensaamheid, konneksie, menslikheid en intimiteit.