’n Dubbeldosis kortkuns

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
3 Oktober
13:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Protea Boekhuis, Turksvy Publikasies

Anna-Bet Stemmeten Frederick Botha gesels oor die kontraste van die menslike ervaring soos hulle dit uitdruk in hul kortkuns. Stemmet se Goed wat gebeur het met mense op plekke is ’n emosionele palate cleanser wat die skoonheid en absurditeit van die alledaagse vier. Botha se Seuns weetverken seksualiteit, geloof, selfaanvaarding en menseverhoudings. Saam ondersoek dié twee alumni van die Toyota Stellenbosch Woordfees-kortverhaalwedstryd die volle spektrum van emosies in hierdie prontuit gesprek oor essays, kortverhale en skrywerskap.