Deon Meiring het geglo liedjieskryf sou vergoed vir sy onbeholpenheid in rugby en romanse. Vandag het hy darem nog die liedjies – uit Glaskas, Dans Dans Lisa en sy soloprojek. In ’n Hemel wat kan opvoudeel hy dié musiek saam met sy briewe wat hy sedert 2020 skryf, aan niemand in die besonder nie. Dit kom oor as digkuns, stories en ’n doodgewone drang om dinge te verklaar, al is dit soos om die hemel te wil opvou.