’n Laventel-ervaring

Leefstyl
Multilingual
Gesin
75 Minute
5 Oktober
09:00
7 Oktober
09:00
8 Oktober
09:00
R185

Kom beleef Canettevallei se laventellanderye in volle blom! Die laventelboer Ingrid de Waal vertel meer oor laventelsoorte, laventelprodukte en die helende waarde daarvan. Na afloop van die praatjie demonstreer sy hoe om jou eie bossie laventel te pluk en te laat hou. Tydens dié sensoriese en terapeutiese ondervinding wat jou in Moeder Natuur anker, sal jy oorrompel word deur die geur en kleur van die blomme, die klanke van die plaas en vir ’n oomblik van die alledaagse of jou troebel gemoed vergeet. Alle toerusting word verskaf – bring slegs ’n sonhoed en kamera saam. Die prys sluit ’n laventel-latte in.