Naguile met menings oor die kunste en maatskaplike kwessies hoef nie tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vroeg in die kooi te klim nie. Sluit van 13 tot 17 Oktober om 21:00 die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring by Die Khaya-kafee. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.
GENZ IRL
’n Gen Z en ’n Baby Boomer stap by die kroeg in… Is die nuwe geslag broos of sommer net meh? Ons gesels mét en oor hulle en vind uit hoe hulle die verlede, hede en toekoms sien.