Naguile met menings oor die kunste en maatskaplike kwessies hoef nie tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vroeg in die kooi te klim nie. Sluit van 13 tot 17 Oktober om 21:00 die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring by Die Khaya-kafee. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.
Shaka von Beethoven
Shaka Zulu sterf in 1828 op 41-jarige ouderdom en Ludwig von Beethoven in 1827 op 56. As hulle vandag gelewe het, sou hulle mekaar geken het? Ken ons die geskiedenis van hierdie brawe maar gebreekte land van moontlikhede? Wat kan ons daaruit leer op pad na 2030?