Naguile met menings oor die kunste en maatskaplike kwessies hoef nie tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vroeg in die kooi te klim nie. Sluit van 13 tot 17 Oktober om 21:00 die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring by Die Khaya-kafee. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.
Wees gewaarsku!
Ons het mak geword. Tannies storm nie meer met rooi wange uit teaters as hulle p-woorde hoor nie. Vanjaar maak nudity ’n comeback, taal is meer gekrui as ooit, en geweld op die verhoog is algemeen. Het ouderderdomsbeperkings nog ’n funksie? Wie mag wat sien en hoor?