Musiek in gesprek

Naggesprekke na Naggesprekke – Driftig in die donker
15 Oktober
21:00
Gratis

Naguile met menings oor die kunste en maatskaplike kwessies hoef nie tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vroeg in die kooi te klim nie. Sluit van 13 tot 17 Oktober om 21:00 die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring by Die Khaya-kafee. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.

Musiek in gesprek

Kom luister na en gesels oor kitsch, cringe en eksperimentele en vergete tracks.