Naggesprekke: Hoe later hoe teater

Diskoers
Afrikaans, English
Gesin
60 Minute
5 Oktober
21:00

Hoe gaan dit met teater in Suid-Afrika? Is dit nag of gaan dit eintlik lekker? Is die revolusie met kunsmatige intelligensie besig om teater te herposisioneer vir ’n inspirerende renaissance? Feeste probeer hul bes, maar staatsfinansiering is skaars. Op grondvlak bly die passie hoog brand. Kabous Meiring lei ’n eerlike, onverskrokke kyk na die stand van ons teaterbedryf. Wat moet ons doen om aan te hou geleenthede skep en hoe kan ons teatermakers in uitdagende tye beskerm? Kom deel jou gedagtes.