Die landskap van Suid-Afrikaanse televisie verander vinniger as wat ons van kanaal kan verwissel. Tussen die meedoënlose opkoms van wêreldwye stromingsreuse en die voortdurende finansiële stryd van plaaslike uitsaaiers – waar laat dit ons eie talent en stories? Kabous Meiring probeer uitpluis wat werklik agter die skerms van die TV-bedryf gebeur. Is dinge so kommerwekkend soos dit voel, of loop ons iewers ’n geleentheid mis? Trek ’n stoel nader en kom ons gesels.