Die Kanadese alt-pop-duo Neon Dreams, wat bestaan uit die sanger Frank Kadillac en die tromspeler Adrian Morris, is bekend vir hul energieke konserte en eiesoortige mengsel van pop, rock, elektroniese dansmusiek, hip hop en reggae. Hul liedjie “Life Without Fantasies” was ’n groot treffer in Suid-Afrika en het tot uitverkoopte toere en platinum-verkope gelei. By hul Woordfees-konsert deel hulle die verhoog met Booshle G. van Kariega in die Oos-Kaap wat bekend is vir sy vermenging van indie-pop-en folk-invloede, eerlike stories en deurbraaksnitte soos “Take Me Home”, “Find You There” en “Best Life”.