Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Dr. Elna Rudolph

Diskoers
Afrikaans, English
60 Minute
9 Oktober
16:00

Hoe plesierig is Afrikaners in die kooi? Het ons volkie voorkeure wanneer dit kom by kafoefel? As daar een mens is wat weet, is dit waarskynlik die seksuoloog dr. Elna Rudolph. Spies vra haar uit oor haar werk en wat haar na dié professie gelei het, en waarom ons steeds so ongemaklik voel om reguit oor seks te praat.

n Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Dié gespreksreeks word gratis in die Netwerk24-diskoerstent agter die US Museum aangebied.