Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Leon Schreiber

Diskoers
50 Minute
16 Oktober
16:00

Netwerk24 Diskoerstent

Gratis

In Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Dié gespreksreeks word gratis in die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum aangebied.

Leon Schreiber

Die minister van binnelandse sake is ’n Stellenbosse boy met ’n indrukwekkende CV: Paul Roos, Maties, konvokasieverteenwoordiger op die US Raad, ’n sleutelfiguur in die RNE en die DA. En nie oral bemind nie. Wat lê vir hom voor?