Netwerk24-gespreksreeks: Professionele skolerugby

Diskoers
Afrikaans
60 Minute
5 Oktober
09:00

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur.

Skolerugby in Suid-Afrika het van ’n tradisionele sportaktiwiteit tot ’n semi-professionele bedryf ontwikkel. Is die manier waarop skolerugby tans bedryf word voor- of nadelig vir ons seuns? Skolerugbyspelers word as ’n inkomstebron gebruik en die kloof tussen voorheen benadeelde en gevestigde skole vergroot. Wat is die impak op akademiese prestasie? Van der Westhuizen gesels metDrikus HanckeenKervin Grove.