New South African Gems

Toyota Musiekfees
Afrikaans, Engels
80 Minute
19 Oktober
14:30
R130-R230 | R160-R260 by die deur

Hierdie konsert word aangebied deur die musiekregisseur Karien de Waal, met van die mooiste nuwe liedjies wat die afgelope sewe jaar vir Join Bands Not Gangs, ’n organisasie sonder winsoogmerk, vervaardig is asook ’n paar splinternuwes. Met lirieke in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe en Engels – en ’n vermenging van style soos ghoema en klassiek – bring ons vars, nuwe musiekskatte wat eg en onmiskenbaar Suid-Afrikaans is. Die legendariese kitaarspeler Allou April is onder andere te sien.

Met die Zolani-jeugkoor o.l.v. Odwa Mvunge, Allou April (kitaar), Yvan Potts (klavier en klawerbord), JP Stevens (tromme), Shana Ray (hoofsanger), Karien de Waal (baskitaar)

Musiekregisseur Karien de Waal
Verwerkings Karien de Waal, Allou April, Sivuyile Scott, Mbuso Ndlovu, Odwa Mvunge