STANDUP
Die komediant en Joodse plaasseun Nik Rabinowitz is gebore in ’n opgeknapte skuur teen die hange van Constantiaberg. As kind het hy boom geklim, in drie amptelike tale kommentaar gelewer op sy rugbywedstryde en ’n Waldorfskool bygewoon waar hy geleer het om met sy gevoelens te hekel en met ’n vyftoonfluit en ’n waterverfskildery van ’n kabouter die presiese spirituele frekwensie van organiese sybokhaar te bepaal. Half natuurkind, half gawe Joodse seun, half mislukte wiskundige – in Mountain Jew vertel hy sy storie – van stal tot stand-up!