Nomadic Orchestra

Toyota Musiekfees
Engels
60 Minute
18 Oktober
20:00
R220 | R250 by die deur

The Nomads wil mense aan die beweeg kry, en daarom speel die groep aansteeklike hoë-energie-musiek wat beslis die voete sal laat tik en ledemate sal laat swaai met koperblaasdans, jazz- elemente, afrobeat, balkan, ghoema, sama en meer. Met drie vollengte ateljee-albums op hul kerfstok streef die groep daarna om topgehalte oorspronklike musiek vir almal te skep. Hulle het al verhoë gedeel met musieklegendes soos Gogol Bordello, Balkan Beat Box, Boom Pam, Freshlyground, Majozi, Matthew Mole, Beatenberg en Jeremy Loops.

Met Gabriel du Toit (saxofoon en hoofsanger), Jono Prest (trompet en agtergrondsang), Lilavan Gangen (tromme en agtergrondsang), Matthew Belyeu (elektriese kitaar), Andrew Middelkoop (tuba)