Oggendkoffie en kleindorpie-queer

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
45 Minute
17 Oktober
09:00
R40 (1 koffie ingesluit) Gratis vir nie-koffiedrinkers

Louis Pretorius is een van ons land se voorste TV-skrywers met reekse soos
Die boekklub, Fynskrif en Tuiskoms agter sy naam. Ná die sukses van Kompleks
kan hy homself nou ook ’n bekroonde jeugboekskrywer noem. Sy jongste boek,
’n Jaar in my lewe, speel in die 1990’s in Limpopo af en handel oor die ontluikende
liefdesverhouding tussen die matriekseuns Liam en Martin. Chan Croeser gesels
met Louis en gee die gehoor ook die geleentheid om hom enigiets te vra: oor sy
boeke, TV-reekse of die lewe as queer kind op die platteland – alles oor ’n koppie koffie!

Aangebied deur Lapa