Carel Nolte van EasyEquities en Johannes de Villiers delf dieper in Johannes se nuwe roman, Op pad na ‘n klooster in die sneeu. Hulle bespreek hul gedeelde Frans-Katolieke geskiedenis en die inspirasie agter die verhaal van ‘n jong man van Bloemfontein wat ‘n asketiese lewe nastreef.