Oggendkoffie en (lees)stof tot nadenke

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
45 Minute
14 Oktober
09:00
R40 (1 koffie ingesluit) Gratis vir nie-koffiedrinkers

Daar is boeke wat ’n mens laat voel, boeke wat jou laat lag en boeke wat jou ewig
bybly. Maar die beste boeke is dié wat jou laat dínk: Hulle lig jou in, daag jou
uit en herprogrammeer jou brein woord vir woord. Die skrywer en filosoof Azille
Coetzee
praat met Bibi Slippers oor die boeke wat haar denke help vorm het,
haar van ander oogpunte oortuig het, en waaroor sy nie kan ophou dink nie.