Oggendkoffie met Joan Hambidge

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
45 Minute
5 Oktober
09:00

Aangebied deur Protea Boekhuis, Naledi

Voor Joan Hambidge se 70ste verjaardag in September vanjaar verskyn drie boeke uit haar pen: ’n versamelbundel van uitgesoekte gedigte; haar jongste roman, Hart sonder hawe; en ’n huldigingsbundel vir haar ontslape vriend Johann de Lange (met Johann Lodewyk Marais as medesamesteller). Ronel Foster gesels met Hambidge oor die roman, die huldigingsbundel, en ander hoogtepunte in haar lang loopbaan as skrywer, akademikus en resensent. (’n Gesprek oor die versamelbundel, Amberkamer: Gedigte uit die 21ste eeu vind by die Dag van Poësie plaas.)