Aangebied deur Pan Macmillan
“You can’t win it all. But everything, and I mean everything, can be lost.” Sven Axelradkeer terug na die Toyota Stellenbosch Woordfees om lesers weer te neem na Vivo, die ruimte waarin sy romans Buried Treasure en God’s Pocket afspeel. In The Dogs of Vivo ontmoet ons vir Art, Maggie en Felix, wat al hulle tyd by die Mean Monsoon verwyl terwyl hulle drink en droom van sukses. Lou-Marié Kruger, ‘n mede-hondeliefhebber, gesels met Axelrad en ná die boekgesprek kry ons almal die kans om die honde van die Eikestad te ontmoet wanneer ons vriende by die Stellenbosse Dierewelsynsvereniging van hulle woefies bekend stel wat ‘n huis nodig het.