2025 | Suid-Afrika
Op Kersdag in 1997 hoor Hantjie Jansen opwindende nuus: Sy oom Jaques tree uit as die Kerskoor se jare lange tamboermajoor. Hantjie het sy lewe lank gewag vir dié gesogte pos, maar ander kragte is aan die werk. Hy besef om sy regmatige plek as die koor se tamboermajoor in te neem, gaan dit neerkom op ’n stryd tussen lewe en dood.