Waarom is gemeenskappe belangrik? Is hulle ruimtes van sorg en eenheid of uitruiling en ongeërgdheid? Of ’n kombinasie van albei? Ons bespreek wat gemeenskappe potensieel kan wees en die moontlikhede wat hulle bied in terme van die idee van deel. Ons dink na oor die voorwaardes wat gemeenskappe in stand hou, hul potensiaal om te transformeer en die sin onderliggend aan hulle vorming.