Ongehoord: Ons moet praat oor die gesin

Diskoers
60 Minute
17 Oktober
09:30
Gratis

Mense is geneig om die kerngesin te beskou as ’n natuurlike manier waarop mense saamhoort, iets wat buite die politiek bestaan. Die geskiedenis wys egter die gesin soos ons dit vandag ken, het nie altyd bestaan nie; dit het eerder ontstaan met die opkoms van geïndustrialiseerde kapitalisme en kolonialisme. Pleks daarvan dat die kerngesin dus buite die politiek bestaan, dien dit spesifieke magstelsels. Boonop vind die meeste mense nié die sorg wat hulle nodig het daarin nie. Die paneel besin oor watter soort wêreld moontlik word as ons onsself in meer omvattende en kollektiewe netwerke van sorg en ondersteuning voorstel.

Met Azille Coetzee, Bibi Burger, Chan Croeser, Vasti Calitz