Ongehoord: Universiteitskrisis?

Diskoers
Multilingual
60 Minute
7 Oktober
09:30

Met Anelle Daries, Lou-Marie Kruger, Geo Quinot, Amanda Gouws(gespreksleier)

Die meeste tersiêre instellings verkeer tans in ‘n krisis. Van die bydraende faktore is neo-liberale en/of tegnokratiese bestuur, KI en ‘n aanslag op die kurrikulum (byvoorbeeld vakke wat handel oor diversiteit, inklusiwiteit en gelykheid). Neo-librale bestuur is meer gefokus op uitsette wat in geldterme verreken kan word. Dit dra by tot die minagting en onderfinansiering van die sosiale wetenskappe. Die aanslag op die kurrikulum het weer ‘n regstreekse invloed op gender-, queer- en kritiese rasstudies. Trump se opskorting van finansiering aan dié velde maak die impak ook in ander lande voelbaar. KI dra by tot ‘n krisis met assessering. Iets wat ons almal bekommerd moet maak, is die impak wat dit op die universiteitswese het.