FRINGE
Met Franka Kirby, Adri-Jo Waterboer, Cara Rossouw
Shanice, Simone en Layla beland in ’n geheimsinnige vertrek waar speletjies vinnig ’n onheilspellende toon aanneem. ’n Skokkende onthulling bring skuld, wantroue en woede na die oppervlak, terwyl simbole en geheime die werklikheid al hoe donkerder maak. Vasgevang tussen hoop en wanhoop word hul soeke na uitkoms ’n reis van herinnering en oorlewing. Wie ontsnap en wie bly agter? Ons is nog hieris een van vyf produksies wat vir die NATi Jong Sterre-projek gekeur is.
Regisseur Tamia Thompson
Skrywer Matthew Smith
Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees, NATi, Jakes Gerwel-stigting, Kunstekaap