Hierdie produksie is ’n viering van die digter Pieter Madibuseng Odendaal se debuutalbum en geïnspireer deur sy veelgeprese digbundel Ontaard. Odendaal (klavier en stem) span kragte saam met die talentvolle musikant Odwa Bongo (uhadi en stem) om ’n diverse klanklandskap te skep met lofi, amapiano, drum & bass, inheemse en klassieke musiek daarin. Die musiek bied ’n agtergrond om ons veranderende verhouding met onsself, mekaar en die meer-as-menslike wêreld te midde van die klimaatskrisis te verken. Ontaard: Spoken Word is ’n unieke versmelting van poësie, musiek en performance art.