Met Jacobi de Villiers, Eben Genis, Olga Leonard
Wat gebeur as jy jou drome in Europa gaan soek en jouself dan weer in Suid-Afrika bevind? In die selfspotryke Oos wes, tuis bes neem Jacobi de Villiers en die pianis Olga Leonard die gehoor pad-, liedjie- en laglangs na plekke soos Parys en Berlyn en onderwerpe soos ambisie, ompaaie en tuiskoms. Dié musiekproduksie verweef kabaret en Afrikaanse gunstelinge tot ’n warm, herkenbare verhaal oor “wat ek gedink het sou wees” en “wat is”. Dis snaaks, raak, en uiteindelik bevrydend, want soms is die plek waar jy eindig presies waar jy hoort.
Musiekregisseur Olga Leonard