Opreisfontein

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
3 Oktober
14:30
R50 | R80 by die deur

Hoeveel plekke in Suid-Afrika het fonteinname, dink jy? In hierdie unieke boek teken die kultuurhistorikus Matilda Burden 5 630 plekname aan wat eindig met die woord “fontein”. Dit het haar agt jaar geneem en sy het 146 000 km gery agter hierdie fonteinplekke aan! Burden vertel die stories agter die name en deel staaltjies oor die reise wat sy moes onderneem om die plekke te vind en die foto’s te neem. Sophia van Taak lei ’n gesprek wat gaan draai by Beskuitfontein, Voëlroepersfontein en Koesterfontein.