Ouma en die ou koeie

Spier Toneel
Afrikaans
o/14
80 Minute
7 Oktober
13:00
9 Oktober
20:30
R180-R280 | R210-R310 by die deur

Met Margit Meyer-Rödenbeck, Coenraad Rall(klavier)

Soos ons ouer word, is die meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te vergeet. En dié wat ons wel wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ’n Halwe waarheid in die 50’s word 50 jaar later ’n voldonge feit; ’n wolhaarstorie word ge-blow-dry tot ’n manjifieke beehive; en ’n besope one-night standverander jare later in ’n pragtige kortstondige romanse. Hierdie komedie-kabaret gaan jou een oomblik laat skaterlag en die volgende oomblik saggies laat snak na jou asem wanneer jy dalk net jouself herken.

Vervaardiger Arena Produksiehuis
Regisseur en skrywer Jurgen Human