Wat is dit aan die veilige ruimte van ’n gedig wat maak dat digters dikwels net
’n klein bietjie té veel deel? (Is dit omdat almal vir hulle sê niemand lees gedigte
nie? Is dit omdat daar sekere ervarings is wat daarop aandring om gedigte te word? Is dit omdat dit soms is wat poësie is: ’n gekunstelde vorm van overshare?) ’n Klompie kontemporêre digters bring
humor en eietydse ervarings na belydenis- poësie – met rumoerige resultate.