Kom sit aan by ’n intieme langtafel op die pragtige plaas KleinBlouKlip, waar kos, liefde en woorde saamvloei in ’n onvergeetlike plattelandse ervaring. Sean van Noordwyken Armand Aucampverweef die kuns van vars pasta maak met voorlesings van hul gunsteling-liefdesgedigte. Terwyl die deeg geknie en geure stadig ontwikkel, word stories gedeel. ’n Viering van eenvoud, samesyn en die mooi van die alledaagse. Verwag langtafels, goeie wyn, sagte lig en die ritme van die plaaslewe as agtergrond vir elke woord en happie.