People on the Move

Dans
Multilingual
Gesin
60 Minute
4 Oktober
16:00
8 Oktober
12:00
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Met SboNdaba Dance: Litha Makanda, Lusindiso Dibela, Sinazo Mxeli, Sonwabile Mhlonyane, Vuyolwethu Mdluli, Wanie Johannes, Asemahle Dayimani, Akhona Mpoza, Clayton Jannike, Bartholomew Pietersen, Davidine Diamond

People on the Move is ’n kragtige ervaring wat jou meesleur met aangrypende Suid-Afrikaanse verhale van die soeke na geleenthede en geborgenheid. Met treffende fisieke storievertelling, musiek en drama volg dit reise van vroeë migrasie tot gedwonge verskuiwings en ballingskap. Dit bereik ’n hoogtepunt in die werklikhede van hedendaagse vlugtelinge en asielsoekers wat steeds oor grense heen vlug van gevaar. Die stuk nooi gehore om migrasie te erken as ’n gedeelde menslike ervaring wat diep verweef is met die land se verlede en hede.

Choreografie Sbonakaliso Ndaba
Komposisie en musikale verwerking Zinziswa Nogavu
Ontwerp Leopold Senekal

Ondersteun deur die Nasionale Lotterykommissie, Dance for All(Switserland), The Dokoda Fine Bursary