Piazzolla Tangos of Angels and Demons

Klassieke musiek
English
Gesin
60 Minute
8 Oktober
13:00
R185-R275 | R215-R305 by die deur

Met Stanislav Angelov(akkordeon & bandoneón), Petrus de Beer(viool), Albert Combrink(klavier), Donat Pellet(kontrabas)

Die Kaapstadse Tango-ensemble bied nog ‘n musikaal stemmingsvolle vertoning aan waarin die musiek van die Argentynse komponis en virtuoos-bandoneón-speler Astor Piazzolla verken word. Piazzolla het ‘n hele nuwe musikale genre geskep wat gegrond is op Argentinië se nasionale dans – die sterk en uiters onweerstaanbare tango. Ontdek die man wie se lewe in sy eie woorde “een van engele én duiwels” was.