Pieter en die wolf: Op orrel

Klassieke musiek|Kinderfees
Afrikaans
Gesin
50 Minute
3 Oktober
11:00
10 Oktober
10:00
R120-R215 | R150-R245 by die deur

Met Winand Grundling (orrelis), Susanne Beyers (verteller)

Sergei Prokofiëf se geliefde musikale sprokie Pieter en die wolf kry nuwe lewe in ’n unieke pyporrelverwerking deur die veelbekroonde orrelis Winand Grundling. Die gewilde aktrise en stemkunstenaar Susanne Beyers is die verteller van die Afrikaanse teks deur Philip de Vos. Elke karakter word deur die ryk klankpalet van die orrel uitgebeeld, wat die verhaal se humor, spanning en warmte op ’n vars en verbeeldingryke wyse laat ontvou. ’n Konsert vir jonk én oud.

Vervaardiger Erns Grundling