Met Winand Grundling(orrelis), Philip de Vos(verteller)
Sergei Prokofiëf se geliefde musikale sprokie Pieter en die wolf kry nuwe lewe in ’n unieke pyporrelverwerking deur die veelbekroonde orrelis Winand Grundling. Die gewilde skrywer en digter Philip de Vos, wat die teks in Afrikaans verwerk het, is die verteller. Elke karakter word deur die ryk klankpalet van die orrel uitgebeeld, wat die verhaal se humor, spanning en warmte op ’n vars en verbeeldingryke wyse laat ontvou. ’n Konsert vir jonk én oud.
Vervaardiger Erns Grundling