Pietman Geldenhuys was al Oppiestoep, Oppiewater, Oppikoppi, Oppikoffie en Oppiplaas, maar langs ’n kampvuur is waar hy waarlik tuis is. Dis hier waar sy stories en liedjies gebore en getoets word. Kom luister na hoe vuur insypel in sy stories en liedjies wat jou sal laat glo jy ruik die braaivleis.