#PJO Kunsspore

Visuele kuns
11 Oktober
12 Oktober
13 Oktober
14 Oktober
15 Oktober
16 Oktober
17 Oktober
18 Oktober
19 Oktober
Gratis

Die P.J. Olivier-kunssentrum bied jaarliks ’n straatkunskompetisie vir gr. 11-leerlinge aan. Die spogwerk van vanjaar se 10 finaliste sal ten toon gestel word op die staproete bekend as #PJOkunsspore25. Dit begin by die P.J. Olivier-kunssentrum in Blomstraat en kronkel deur die dorp. Kaarte sal by die Woordfeeskantoor en by die P.J. Olivier-kunssentrum beskikbaar wees.