’n Broer en suster speel die lewensverhaal van hul ma en pa uit, maar is hulle in beheer van die narratief of beheer die narratief vir hulle? Die twee probeer sin maak van die liefde en die lewe, maar bevind hulle in ’n siklus van herhaling waaruit hulle nie kan breek nie. Is hulle in dié delikate draadwerk van liefde besig om iets nuuts te skep, of is hulle deel van iets gevaarliks wat nie gekeer kan word nie?