Aangebied deur Uhlanga, Protea Boekhuis
Shane van der Hoven (Kruiper/Crawler) is die kurator van ons heel eerste Poetry Crawl. Die gehoor beweeg soos een groot gogga met baie bene na verskeie venues binne stapafstand van die Toyota Stellenbosch Woordfees-hoofkwartier. Hulle spits hulle talle ore om na vier digters te luister wat in verrassende ruimtes voorlees. Shane het vir Kirsten Deane (Disabled, But), Fourie Botha (Kolam) en Paul Kammiesgenooi om saam te kruip op hierdie tog, wat op ’n hoë noot met ’n partytjie in ’n parkeerterrein sal eindig – soos dit soms maar gaan.