Kom vat ‘n hondjie en stap saam terwyl ons langs die pad na hondegedigte luister. Ons vriende by die Dierewelsynsvereniging Stellenbosch (DWS) bring brakkies fees toe. Al kan jy nie nou ‘n nuwe beste vriend aanneem nie, kan jy steeds een op ‘n stappie neem terwyl jy woordkuns en vars lug inneem. MetTom Dreyeren ander. Bring gerus jou eie hond aan ‘n leiband saam vir hierdie hondevriendelike ervaring.